Konferensie Lokale
KONFERENSIELOKALE: Die Gemeente is dankbaar om te kan spog met goedtoegeruste konferensielokale. Hoewel dit ‘n integrale deel van die groter komplekse vorm, funksioneer dit apart van die ander bedrywighede wat hier plaasvind. Ons is seker dat ons fasiliteite in die oorgrote meerderheid van persone se behoeftes sal kan voorsien. Ons meld dit dat oorhoofseprojektors, blaaiborde, foto-kopieëring, lugversorging, wi-fi, gemaklike sitstoele met lessenaars en die beskikbaarheid van verversing wat vooraf gereël word, nog meer waarde aan konferensies sal toevoeg Veilige parkering binne die terrein. Vir meer besonderhede, kontak asb Alta Cloete - 012 664 4725 kantoor@nglyttelton.org.za
|