Aksie 1 Bediening  vir enkelkopendes

 Hierdie bediening dien as ‘n ondersteuninggroep vir alleenlopers van alle ouderdomme en hulle kinders. Die aksie het tot stand gekom om die enkellopende wat deur die trauma van ‘n egskeidings of die afsterwe van ‘n geliefde geraak is te ondersteun en by te staan.

Huidiglik kom die enkellopendes wat deur voorgenoemde traumas geaffekteer is eenkeer per maand (einde van die maand Sondag)  by die kerk bymekaar om lekker saam middagete te geniet en net lekker saam te kuier en die Sondag net saam te geniet. 

Die hoogtepunt van die groep is tans die jaarlikse kamp.  Eenkeer per jaar onder leiding van een van die gemeente se leraars kamp die lede en almal geniet dit terdeë!

Verder ondersteun die groep mekaar deur klein takies vir  mekaar te doen.  

Kontak persone Jaap Gerenger 083 308 9576 of ook by 012 644 2667