Christelike Afhanklikheidsdiens CAD
Wie of wat is die CAD?
Die CAD is 'n organisasie wat ondersteuning en toerusting bied aan rehabiliterende substans-afhanklikes, dit wil sê alkhol-, dwelm- en medikasie-afhanklike persone
en hul gesinne by wyse van onder andere weeklikse byeenkomste waar hulle mekaar ondersteun. Persone wat nog vasgevang is in die web
van verslawing kan ook by die CAD kom aanklop vir hulp.
Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) is ’n Nasionale organisasie wat al meer as 60 jaar bestaan. Die eerste groep is gedurende 1954 in die Wes-Kaap gestig om onder-steuning aan gerehabiliteerde substans-afhanklikes (dit wil sê alkohol-, dwelm- en medikasie-afhanklike persone) te bied. Die CAD betrek ook die gesin van die afhanklike en lewer dienste vanuit ‘n christelike raamwerk en help die gerehabiliteerde om weer sy/haar regmatige plek in die samelewing te vervul.
Die CAD funksioneer in selfhelpgroepe waar afhanklikes die geleentheid kry om hulle gemeenskaplike probleem met mekaar te deel en ondersteuning aan mekaar te bied. Die Monumentgroep in Lyttelton het egter eers Op 3 Augustus 1977 tot stand gekom. Groepe kom op ‘n weeklikse grondslag byeen.
Wie kan by die CAD aansluit?
Die CAD lede verteenwoordig ‘n verskeidenheid van mense, met net een doel voor oë: die ondersteuning van die gerehabiliteerde en hul gesinne. Die volgende persone kan almal deel vorm van die CAD:
- Persone wat pas behandeling in ‘n sentrum ontvang het.
Persone wat nog vasgevang is in die web van afhanklikheid kom na die CAD waar hulle gemotiveer word om ‘n lewe sonder alkohol, dwelms en medikasie te leef deur vir behandeling te gaan.
- Die gesinne (eggenote en kinders) en vriende van bogenoemde twee groepe word deel van die CAD waar hulle ondersteuning ontvang.
- Enige ander belangstellendes wat ondersteuning aan substans-afhanklike persone wil bied vorm dikwels deel van CAD groepe.
Wat gebeur tydens byeenkomste?
Die byeenkomste vind op ‘n baie informele wyse plaas. Die hoofdoel van byeenkomste is samesyn en wedersydse ondersteuning van mekaar. Die groepslede stel self die program op wat tydens byeenkomste gevolg word. Daar word ook verskillende tipe byeenkomste gehou, bv. inligtings-geleenthede, gesprekgeleenthede, bybel-studie asook sosiale byeenkomste. In die CAD word daar werklik moeite gedoen om byeenkomste so interessant/leersaam moontlik te maak.
Die viering van soberheidsverjaarsdae is ‘n baie belangrike gebeurtenis in die CAD. Verjaarsdae word herdenk op die dag wat die betrokke persoon opgehou het om
alkohol/dwelms te gebruik. Die herdenking van hierdie besondere dag word deur die hele groep gevier.
Wat anders doen die CAD
Die CAD Monument besoek ook inrigtings en klinieke om pasiënte in te lig en te bemoedig.
Woensdae 18:00 by Raytongemeente 19;00 by FF Ribeiro Behandelingsentrum by Zonderwater waar ons die Mans sowel as die vroue toespreek. Donderdae om 19h00 praat ons by Castle Carey Kliniek in Pretoria by die jeug sowel as by die volwassenes erder tree ons ook op op by skole en kerke om kinders en die breë publiek in te lig oor afhanklikheid en die probleme wat daarmee gepaard gaan. Die hoofdoel bly egter altyd om die boodskap oor te dra dat daar hoop is omdat behandeling werk.
Wat moet ek doen as ek graag ‘n byeenkoms wil bywoon.
Ons weet almal hoe dit voel om vir die eerste keer by ‘n vreemde groep mense in te skakel. Moenie dat die gedagte aan ‘n klomp vreemde gesigte jou verhoed om ‘n byeenkoms by te woon nie. Kontak enige van die twee groepe in Centurion en lig hulle in van u voorneme om ‘n groep te besoek of reël dat iemand van die groep u kom oplaai of vergesel:
CAD Monumentgroep, Hoek van Burgerlaan en Langebrinkweg, Lyttelton .
Byeenkomste is Maandagaande 19h00, Kontakpersoon Jaap Gerenger, Tel 083 308 9576
CAD Kanagroep, Cotielaan 309, Wierdapark, Byeenkomste is Woensdae om 19:00, Kontakpersoon Theuns Duvenhage Tel. 084 407 6822
CAD lede getuig almal met groot lof van die vriende wat hulle deur die CAD ontmoet het en die ondersteuning wat hulle ontvang. Moenie huiwer nie, skakel vandag nog die CAD.
Meer inligting oor ander groepe lands-wyd is ook op Internet beskikbaar. Kontak gerus; www.cad.org.za