MUUR VAN HERINNERING.

As gelowiges word ons daagliks met die werklikheid van die dood gekonfronteer. “Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie…” (Psalm 116:15). Daarom het ons as gemeente die behoefte aangevoel om ‘n muur van herinnering op ‘n stil gedeelte van ons terrein op te rig om sodoende ‘n waardige rusplek te gee vir die oorskot van ons geliefdes. Die muur bied ‘n plek waar mens in stilte met jou eie gedagtes besig kan wees.

Ons sal graag behulpsaam wees met enige navrae. Kontak haar gerus by kantoor@nglytttelton.org.za 012 664 4725