Dienste:

Ons het slegs een erediens op 'n Sondag, wel om 9h00.  Daar is veilige parkering en die hekke word tydens die erediens gesluit. Tydens die erediens word die Kinder kerk (3 tot 6 jariges) in die Kaja agter die verhoog in die saal aangebied.

Kategese( skoolgaande) vind na die diens 10:00 tot 11:00.

Na die erediens en gedurende die kategese klasse kry die gemeente geleentheid om heerlik met 'n koppie tee of koffie by die kuierluik te kuier.

Maandae aande om 19h00 kom die CAD (Christelike Afhanklikheids Diens) byeen in die saal.  Hier word daar ondersteuning en toerusting gebied aan gerehabilitende substans-afhanklikes, dit wil sê alkhol, dwelm en medikasie-afhanklike persone en hul gesinne. Sprekers en bybelstudie maak 'n belangrike deel uit van hierdie bediening.(vind nie plaas COVID19)

Woensdae is daar bybelstudie en biduur by Heuwelsig (Cliftonlaan) Aftree oord om 15h00,wat gelei word deur Ds. Landi Botha. Alle bejaarde persone is welkom om in te skakel by hierdie bediening. 

Daar is ook Bybelstudiegroepe in die gemeente wat nuwe persone sal verwelkom.

Donderdae word Lebone Sanet werksklasse vir bediendes om 14h00 aangebied. Hierdie is 'n baie waardevolle en aktiewe bediening van die gemeente waardeur daar uitgereik word na huishulpwerkers en werkloses. 

Vrouedienslede vergader eenmaal per maand op die eerste Maandag van die maand om 18h00 in die konsistorie (behalwe Junie & November). Alle dames is welkom.