Besoekers:
Jy is so welkom en ons wil graag kennis maak met jou. Ontmoet asseblief een van ons lede van die gasvryheids bediening wat na die erediens vir jou voor in die kerk wil ontmoet. Jy kan ook die Skriba kontak gedurende die week. Madelein Dreyer 012 664 4725.
Lidmaatskap:
Daar is 'n vorm beskikbaar by die lid van die gasvryheids bediening. Vul dit in en bring die volgende Sondag na ons toe terug of stuur dit per epos na die kerkkantoor by kantoor@nglyttelton.org.za
Siekes:
Laat weet asseblief so gou moontlik een van die predikante sowel as die skriba in die kerk kantoor dat jy of 'n familielid siek is of in die hospitaal opgeneem/gaan word.
Sterftes:
Verwittig asseblief een van die predikante sowel as die skriba in die geval van afsterwe van 'n geliefde of 'n bekende.
Gelukwensinge:
Ons wil graag meelewe met almal wat verjaar, in besonder diegene bo die ouderdom van 80 jaar. Verwittig ons asseblief van sodanige gebeure.
Predikante:
Ds. Landi Botha 079 182 2387 (Leraar)
Kerk kantoor: 012 664 4725