• Die volgende waardes word uitgeleef : respek, hulpvaardigheid, hardwerkend, geloof. Daarom aanvaar almal die dissipline in liefde en verdraagsaamheid.
  • SKOOLREELS.
  • " Asseblief" en "Dankie" is baie belangrike woorde in ons skool.
  • Ons wag dat iemand klaar praat voor ons iets sê. DIS RESPEK
  • Pouse is eettyd EN geselstyd. Ons eet en drink nie in die klas nie.
  • Jy gebruik jou selfoon net wanneer jy toestemming  van Juffrou/Meneer gekry het, anders word dit ingegee by die kantoor.
  • In ons klas mors ons nie - almal tel rommel wat op die grond lê op.
  • Ons prys mekaar - ons praat nie lelik nie en vertel nie vuil grappe nie.
  • Ons is elke dag skoon en netjies as ons Akademie toe kom.