NG Gemeente Lyttelton (Moedergemeente) is geleë in die oorspronklike dorpsgebied Lyttelton wat reeds tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1901) aangelê is. Die fisiese adres van die kerk is op die hoek van Langebrinkweg en Burgerlaan, met die ingang in Burgerlaan.
Hierdie gemeente is in 1944 afgestig van Pretoria-Oos (Loftus) en het gegrens aan die die destydse Kempton-Park en Krugersdorp gemeentes! Tans, na vele afstigtings, beslaan die Moedergemeente ‘n oppervlakte van slegs drie kilometer by drie kilometer. Hierdie klein oppervlakte word egter die lewensruimte van tien duisende mense. Sedert 1994 het die eens rustige landbouhoewes die bodem geword van 155 meenthuiskomplekse, en die ontwikkelinge hou nie op nie !
Die Moedergemeente het 'n pragtige Gerhard Moerdyk ontwerpte kerk met 'n toring wat hoog troon. Die inwyding van die kerk het in 1953 plaasgevind.
Die gemeente se leraar vanaf Oktober 2020 is Ds. Landi Botha. Ons vier tans een erediens en wel om 09:00 elke Sondagoggend.
Ons kategese is na die erediens om 10:00.
Ons kerkkantoor word deur mev Madelein Dreyer behartig. Gaan klik gerus op die ander skakels en kom so meer te wete oor wat ons tot op hede doen en hoe ons behulpsaam kan wees.
Ons Jeugbediening is Marli Weyer: 078 971 2207. Die Kleuterkerk is saam met ons Kerkdiens om 9uur, kleuters van( 3 jaar tot graad 3) Die graad 4 tot 12 kinders woon die erediens in die kerk saam met hul ouers by.
Ons Koster is Dirk Roeloffze 082 459 4285.